Pekanneutkonferensie word op Orania gehou!
Vanjaar sal die tweede jaar wees wat die A-Z Pekanneutkonferensie op Orania gehou word. Met só baie boere in die omgewing, en 'n geskikte klimaat vir pekanneutboorde, is dit geen wonder dat hierdie inisiatief begin is nie.
Tydens die konferensie in 2024 het boere uit die omgewing en van elders hulle ondervindings kom deel. Bedryfskenners en gassprekers het hul kennis oorgedra aan bywoners wie die geleentheid gehad het om praktiese vrae te vra en te netwerk met ander boere.
Oraniërs - en Afrikaners oor die algemeen - is natuurliefhebbers. Om te bewoon, bewerk en te bewaar is deel van ons roeping, en om te boer het deel van ons kulturele DNS geword. Die pekanneutkonferensie van 2024 was 'n samekoms van boere wat op 'n volhoubare en effektiewe manier wil ontwikkel. Hier was nie net toesprake gelewer en raad uitgedeel nie, maar ook saam gekuier en nuwe bande is gesmee.
Op 8 en 9 April 2025 word die tweede A-Z Pekanneutkonferensie hier in Orania aangebied en beloof om met selfs meer inhoud gevul te wees. Vir enige iemand wat nuuskierig is oor die pekanneutbedryf, raad nodig het vir hul eie bome, of wat oorweeg om binne kort met hul projek te begin, is hierdie 'n ideale geleentheid om professionele raad te ontvang.
Alle inligting vir dié geleentheid is beskikbaar by https://azpekan.co.za/ #Orania #Netchainorania
Pekanneutkonferensie word op Orania gehou! Vanjaar sal die tweede jaar wees wat die A-Z Pekanneutkonferensie op Orania gehou word. Met só baie boere in die omgewing, en 'n geskikte klimaat vir pekanneutboorde, is dit geen wonder dat hierdie inisiatief begin is nie. Tydens die konferensie in 2024 het boere uit die omgewing en van elders hulle ondervindings kom deel. Bedryfskenners en gassprekers het hul kennis oorgedra aan bywoners wie die geleentheid gehad het om praktiese vrae te vra en te netwerk met ander boere. Oraniërs - en Afrikaners oor die algemeen - is natuurliefhebbers. Om te bewoon, bewerk en te bewaar is deel van ons roeping, en om te boer het deel van ons kulturele DNS geword. Die pekanneutkonferensie van 2024 was 'n samekoms van boere wat op 'n volhoubare en effektiewe manier wil ontwikkel. Hier was nie net toesprake gelewer en raad uitgedeel nie, maar ook saam gekuier en nuwe bande is gesmee. Op 8 en 9 April 2025 word die tweede A-Z Pekanneutkonferensie hier in Orania aangebied en beloof om met selfs meer inhoud gevul te wees. Vir enige iemand wat nuuskierig is oor die pekanneutbedryf, raad nodig het vir hul eie bome, of wat oorweeg om binne kort met hul projek te begin, is hierdie 'n ideale geleentheid om professionele raad te ontvang. Alle inligting vir dié geleentheid is beskikbaar by https://azpekan.co.za/ #Orania #Netchainorania
AZPEKAN.CO.ZA
Home
A-Z Pekan - Waar kennis, kontakte en kuier mekaar ontmoet! Twee propvol dae word beplan waar inligting en praktiese sessies tydens die middae se boordbesoeke gedeel sal word.
0 Commentaires 0 Parts 353 Vue 0 Aperçu
Netchain https://www.netchain.co.za